Bak ‘n uithalerkoek met ‘n witsjokoladeband wat almal sal beïndruk
• 12 porsies
Bestanddele
187 g sagte botter
312 ml (1¼ k) strooisuiker
4 ekstragroot eiers
166 ml (2/3 k) volroommelk
30 ml (2 e) rooswater
875 ml (3½ k) koekmeel
12,5 ml (2½ t) bakpoeier
1 ml sout
75 g (¾ pakkie) pistasieneute, fyngekap
Wit versiersuiker
100 g (1/5 blok) sagte wit margarien
875 ml (3 ½ k) versiersuiker, gesif
15 ml (1 e) volroommelk
10 ml (2 t) rooswater
Sjokoladeband
250 g witsjokolade, in blokkies gekap
25 g (¼ pakkie) pistasieneute, baie fyngekap
vars roosknoppies of roosblare vir bo-oor koek (ligte pienk)
• Stel oond op 180 °C.
Metode
1 Room botter en strooisuiker met klitser vir ongeveer vyf minute tot liggeel.
2 Voeg eiers by en klits weer. Voeg volroommelk en rooswater by. Roer tot gemeng.
3 Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Roer pistasieneute by gesifte meel.
4 Roer meelmengsel by bottermengsel tot deeg.
5 Voer drie ronde koekpanne van
20 cm deursnee met bakpapier uit en spuit met kossproei.
6 Verdeel deeg tussen drie koekpanne en maak gelyk bo-op. Bak vir 25 minute of tot toetspen skoon uitkom.
7 Laat bietjie in koekpanne afkoel en keer op afkoelrakkie uit tot heeltemal afgekoel.
8 Wit versiersuiker Room margarien tot donserig en wit met klitser.
9 Voeg versiersuiker bietjies op ‘n slag by terwyl jy aanhoudend klits. Voeg volroommelk en rooswater by soos benodig as versiersuiker te styf word.
10 Klits versiersuiker tot donserig en verdeel tussen elke koeklaag en ook om buitekant en bo-op koek.
11 Sjokoladeband Smelt sjokolade in dubbelkoker op stoofplaat of in mikrogolf teen 50% krag. Roer tot sjokolade glad en sonder klonte is.
12 Sny stuk bakpapier van 56 cm en 20,5cm groot. Vou bakpapier in middel en lengte deur. Laat lê plat op werksoppervlakte.
13 Smeer gesmelte sjokolade bo-oor, maar smeer bokant van sjokoladeband sodat dit rofweg en met punte staan. Los tot sjokolade bietjie gestol is.
14 Vou sjokoladeband versigtig om koek met reguit gedeelte teen opdienbord
15 Trek bakpapier af wanneer sjokolade heeltemal gesmelt het.
16 Rond koek met pistasieneute en vars rosies af.