Bedien: 2
Voorbereidingstyd: 10 minute
Gaarmaaktyd: 25-30 minute
Bestanddele
10 ml/2 t olyfolie
½ groot ui, gekap
1 knoffelhuisie, fyngedruk
½ groenrissie, grofgekap
200 g wit dwergsampioene, gehalveer
10 ml/2 t fyn paprika
5 ml/1 t fyn komyn
2,5 ml/½ t brandrissiepoeier (meer as jy versot is daarop)
200 g blik gekapte tamaties
10 ml/2 t tamatiepuree
200 g blik rooi nierboontjies, gedreineer en afgespoel
’n Knippie suiker
sout en varsgemaalde swartpeper
bruinrys vir opdiening
Metode
1. Verhit die olie en soteer die uie vir 3 minute tot sag Voeg die knoffel, peper en sampioene by en soteer vir nóg 3 minute tot die sampioene effens verbruin het. Voeg die speserye by en laat braai vir 30 sekondes, roer deurentyd.
2. Voeg die tamatiepuree, boontjies en suiker by en bring tot kookpunt. Geur na smaak, draai die hitte laer en laat stadig prut vir 20 minute of tot dit verdik het en die meeste vloeistof afgekook het. Bedien warm met 1 koppie gaar bruinrys per porsie.