12 porsies
Bestanddele
400 g (1 rol) skilferkorsdeeg
VULSEL
125 ml (½ k) bruinsuiker
30 ml (2 e) heuning
30 ml (2 e) botter
30 ml (2 e) brandewyn
15 ml (1 e) suurlemoensap
2,5 ml (½ t) fyn kaneel
6 piesangs
BOLAAG
250 ml (1 k) room
30 ml (2 e) versiersuiker
2,5 ml (½ t) vanielje
Metode
Stel oond op 200 °C.
1. Rol skilferkorsdeeg oop en plaas bord met 18 cm-deursnee bo-op. Sny sirkel uit skilferkorsdeeg.
2. Gebruik afvalstukkies en sny randstrook van 1 cm breed wat as korsrand sal dien.
3. Smeer bietjie water op rand van sirkel en plaas randstrook bo-op sodat dit bakkie vorm. Smeer ook bietjie water tussen lasplekke en druk liggies vas.
4. Plaas op gevoerde bakplaat en bak vir 12 min. of tot goudbruin.
5. Laat afkoel en plaas op geskikte opdienbord.
6. Vulsel: Verhit suiker, heuning, botter, brandewyn, suurlemoensap en kaneel tot kookpunt. Draai hitte laer en laat kook nog 2 min.
7. Sny piesangs eers in helfte en dan in dun skyfies soos op foto.
8. Plaas skyfies in waaiervorm op tertkors en gooi suikerstroop bo-oor.
9. Bolaag: Klits room en versiersuiker tot dik. Roer vanielje by.
10. Sit room saam met tert voor.