As jy te veel piesangs in die kombuis het, is dié resep ideaal
Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS
1 broodjie
Bestanddele
100 g (1/5 blok) sagte botter
250 ml (1 k) strooisuiker
2 ekstragroot eiers
560 ml (2¼ k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
2,5 ml (½ t) sout
500 ml (2 k) piesangs, fyngedruk
5 ml (1 t) vanieljegeursel
LEES OOK: Broodpoeding met appels en neute
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Room botter en strooisuiker met elektriese klitser tot liggeel en romerig.
- Voeg eiers by en klits goed.
- Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Roer by bottermengsel.
- Druk piesangs fyn en voeg saam met vanieljegeursel by beslag.
- Voer broodpan van 9 cm x 24 cm met bakpapier uit en spuit met kossproei.
- Skep beslag in broodpan. Maak gelyk bo-op en bak vir 60 minute of tot toetspen skoon uitkom.
- Sit voor soos verkies.