Die tradisionele broodpoeding in ’n nuwe gedaante – piesang-en-sjokoladebroodpoeding
Deur SUZANNE CROZIER en MARLO KITSHOFF-CARSTENS
6 porsies
Bestanddele
4 piesangs
250 ml (1 k) melk
3 eiers
187 ml (¾ k) sjokoladesplinters
5 ml (1 t) vanieljegeursel
6 snye witbrood, in blokkies gesny
Metode
Verhit oond na 180 ˚C.
- Druk piesang fyn en voeg melk, eiers, sjokolade en vanieljegeursel by.
- Roer broodblokkies deur piesangmengsel.
- Spuit groot muffinpanne met kossproei en skep holtes vol met mengsel.
- Bak vir 20–25 minute of tot gestol.
- Sit warm saam met vla voor.
