Met hierdie piesang-en-sjokolade-botterbroodjie sal jy harte wen
12 broodjies
BESTADDELE
500 ml (2 k) bruismeel
5 ml (1 t) fyn kaneel
2,5 ml (½ t) sout
60 g (½ k) koue botter
1 groot piesang, fyngedruk
60 ml (¼ k) melk
60 ml (¼ k) room
125 ml bruinsuiker
1 eier
5 ml (1 t) vanieljegeursel
125 ml (½ k) donkersjokolade-splinters
125 ml (½ k) witsjokolade-splinters
SOUTKARAMEL
360 g (1 blikkie) karamel
5 ml (1 t) growwesout
METODE
Stel oond op 180 ˚C.
1 Meng droë bestanddele saam.
2 Rasper koue botter by meelmengsel en vryf in.
3 Roer res van bestanddele saam. Roer tot deeg begin vorm. Moenie mengsel knie nie.
4 Druk plat tot 2 cm dik en sny blokke van 5 cm x 5 cm.
5 Smeer met bietjie melk en sprinkel nog suiker oor.
6 Bak vir 15 minute of tot goudbruin en gaar. Laat heeltemal op afkoelrak afkoel.
7 Soutkaramel Roer karamel tot sag in mengbak. Gooi sout by en roer goed.
8 Bedien karamel saam met botterbroodjies.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.