Maak hierdie maklike en vinnige piesang-en-karamel-tert as nagereg
12 porsies
Bestanddele
KORS
200 g (1 pakkie) digestive koekies
60 ml (4 e) botter, gesmelt
VULSEL
360 g (1 blik) karamelkondensmelk
2 piesangs
BOLAAG
250 ml (1 k) room
2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
100 g (1 plak) bruin melksjokolade
LEES OOK: Maak ‘n koue karamel-en-piesang-poeding
Metode
- 1 Kors Kap koekies in voedselverwerker fyn en roer gesmelte botter daarby.
2 Druk op bodem van tertbak van 20 cm x 20 cm vas wat met kosproei gespuit of met botter gesmeer is.
3 Vulsel Meng kondensmelk tot glad en smeer op koekielaag.
4 Sny piesangs in skyfies en rangskik op kondensmelklaag.
5 Bolaag Klits room met vanieljegeursel tot styf en skep op piesanglaag.
6 Rasper sjokolade of gebruik groenteskiller om sjokoladekrulle te maak om tert te versier.
7 Plaas in yskas tot benodig.
WENK
Jy kan ook ’n langwerpige quichepan van 30 cm x 10 cm gebruik