Dis weer tyd vir piekniek in die natuur en hierdie bruintjies maak dit nog lekkerder
30 blokke
Bestanddele
375 g bruin melksjokolade, in blokkies gebreek
250 g (½ blok) sagte botter
250 ml (1 k) strooisuiker
7,5 ml (1½ t) vanieljegeursel
10 ml (2 t) volroommelk
4 ekstragroot eiers
437 ml (1¾ k) koekmeel
45 ml (3 e) kakao
knypie sout
200 g (1 groot plak) bruin melksjokolade, grofgekap
100 g (1 pakkie) pekanneute, grofgekap
LEES OOK: Bierbruintjies
Metode
- Stel oond op 180°C.
- Plaas sjokolade, botter en strooisuiker saam in kastrol. Smelt oor matige hitte terwyl jy dit af en toe roer. Verwyder dadelik van hitte wanneer sjokolademengsel gesmelt is. Laat bietjie afkoel.
- Roer vanieljegeursel en melk by sjokolademengsel.
- Klits eiers in aparte bakkie en roer by sjokolademengsel.
- Sif koekmeel, kakao en sout saam.
- Roer meelmengsel by sjokolademengsel.
- Roer gekapte sjokolade en pekanneute by sjokolademengsel.
- Voer oondbak van ongeveer 22 cm x 30 cm met bakpapier uit, spuit met kossproei en skep beslag daarin.
- Bak vir 35 minute of tot gaar. Bruintjies moet nooit droog gebak wees nie.
- Laat bruintjies heeltemal afkoel.
- Sny in blokke van ongeveer 4,5 cm x 4,5 cm.
- Berg in lugdigte houer.