Petit Fours is ‘n Franse gunsteling neem baie tyd om te maak, maar die bewondering aan die teetafel is genoeg beloning vir jou harde werk
40 klein koekies
Bestanddele
175 ml (170 g) botter
(210 ml) 200 g strooisuiker
170 ml suurroom
2,5 ml (½ t) amandelgeursel
1,25 ml (¼ t) vanieljegeursel
2 eiers
170 g koekmeel
35 g amandelmeel
2,5 ml (½ t) bakpoeier
2,5 ml (½ t) koeksoda
2,5 ml (½ t) sout
60 ml (¼ k) fyn appelkooskonfyt
150 g marsepein
GLANSVERSIERSEL
9 k (945 g) gesifte versiersuiker
125 ml (½ k) vloeibare glukose
180 ml (¾ k) water
5 ml (1 t) amandelgeursel
poeierkleursel
koninklike versiersel
Metode
Voorverhit oond tot 180 °C en berei ’n 25 cm-koekpan voor.
- Room botter en strooisuiker tot lig. Voeg suurroom, geursels en eiers by en klop tot liggeel.
- Sif koekmeel, amandelmeel, bakpoeier, koeksoda en sout by en meng tot glad.
- Gooi in koekpan en bak vir 30–35 minute tot goudbruin en gaar.
- Laat koek oornag in yskas afkoel.
- Sny bo-kant van koek gelyk en smeer met dun lagie appelkooskonfyt.
- Verhit marsepein en rol dun uit. Plaas bo-op koek en druk liggies vas.
- Sny koek in netjiese blokke (2,5 cm x 2,5 cm)
- Glansversiersel Verhit versiersuiker, glukose, water en amandelgeursel in dubbelkoker en meng goed totdat dit 50 °C bereik.
- Kleur glansversiersel met poeierkleursel.
- Pak koekblokkies netjies op draadrak en gooi warm versiersel bo-oor. Laat afkoel en sny los van draadrak. (Die afgeloopte versiersel kan herwin en weer in mikrogolf verhit word.)
- Spuit patrone met koninklike versiersel.
- Bedien in klein kolwyntjiepapiertjies.