Genoeg vir vier
Bestanddele
3 eetlepels kookolie
125 ml fyngekapte ui
125 ml gekapte preie
125 ml gekapte seldery
2 knoffelhuisies, fyngekap
1.25 liter melk
1 lourierblaar
5 koppies blomkool
10 ml sout
2.5 ml wit peper
2.5 ml gemaalde neut, vars as jy kan
4 bytgrootte boompies blomkool om te garneer
3 eetlepels kookolie
125 ml fyngekapte ui
125 ml gekapte preie
125 ml gekapte seldery
2 knoffelhuisies, fyngekap
1.25 liter melk
1 lourierblaar
5 koppies blomkool
10 ml sout
2.5 ml wit peper
2.5 ml gemaalde neut, vars as jy kan
4 bytgrootte boompies blomkool om te garneer
Metode
1 Soteer die uie, preie en seldery tot sag. Voeg die knoffel by en soteer tot sag.Voeg die melk en lourierblaar by en verhoog die hitte. Voeg die blomkool by en laat prut tot sag. Geur met sout, witpeper en neut. Verwyder die lourierblaar en sit in voedselverwerker en slaan fyn tot dik sop.
2 Blansjeer die ekstra blomkool-boompies en laat op die sop dryf. Besprinkel met ekstra neut en bedien warm met warm focacciabrood.
Sjefswenk: Om die sop ’n ekstra kinkel te gee, braai 60 ml spek tot goudbruin vir elke bakkie en laat bo-op dryf