Maak kos vir twee mense. Dié pesto-hoender is maklik en sal aandete vinnig op die tafel kry
2 porsies
BESTANDDELE
2 hoenderborsies
sout en peper
30 ml (2 e) basiliekruidpesto
30 ml (2 e) rooi pesto
125 ml (½ k) mozzarella, in skyfies gesny
METODE
Stel oond op 180 ˚C.
1 Maak snytjies bo-op hoenderborsie, omtrent 1 cm uitmekaar.
2 Geur met sout en peper.
3 Verdeel basiliekruidpesto, rooi pesto en mozzarella beurtelings in snytjies.
4 Sit op bakplaat en bak vir 20 minute of tot hoender gaar is.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.