Sluit ’n ete met die vars en verfrissende smaak van ’n pepermentpoeding af
Deur MARLO KTISHOFF-CARSTENS
Bestanddele
6 porsies
200 g (1 pakkie) Tennis Chocmintkoekies
VULSEL
250 ml (1 bottel) Orley Whip-room
360 g (1 blik) karamelkondensmelk
98 g (2 x 49 g-stafies) Peppermint Crisp-sjokolade
Metode
- Druk koekies redelik fyn. Verdeel 1/3 van gebreekte koekies tussen ses glase. Jy kan 12 kleiner bakkies ook gebruik.
- Vulsel Klits room met elektriese klitser tot styf.
- Roer karamelkondensmelk tot glad. Meng by styfgeklitste Orley Whip.
- LEES OOK: Beloofde resep vir mini-kaaskoekies
- Rasper 1½ pepermentsjokolade op growwe kant van rasper oor roommengsel.
- Verdeel tussen ses glase, sodat jy genoeg vir elke laag het.
- Wissel pepermentlagies met lagies koekiekrummels af. Eindig met ’n lagie koekiekrummels.
- Kap oorblywende sjokolade grof en sprinkel bo-op elke klaar poeding.
- Poedings kan al ses uur voor die tyd gemaak en in yskas gebêre word.