Bruintjies is altyd ‘n wenner. Oortref jouself en voeg ‘n pepermentversiersel by…
20 blokke
250 g bruin melksjokolade, in blokkies gebreek
160 g sagte botter
187 ml (¾ k) strooisuiker
5 ml (1 t) vanieljegeursel
3 ekstragroot eiers
312 ml (1¼ k) koekmeel
10 ml (2 t) kakao
knypie sout
9 8 g (2 x 49 g-plakke) pepermentsjokolade, grofgekap
VERSIERSEL
45 ml (3 e) water
60 ml (4 e) sagte botter
60 ml (4 e) strooisuiker
312 ml (1¼ k) versiersuiker
30 ml (2 e) kakao
- Stel oond op 180 °C.
- Smelt melksjokolade, botter en strooisuiker oor matige hitte in kastrol en roer af en toe. Verwyder dadelik van hitte wanneer mengsel gesmelt is.
- Laat bietjie afkoel en roer vanieljegeursel by.
- Klits eiers in aparte bakkie en roer by sjokolademengsel.
- Sif koekmeel, kakao en sout saam. Roer ¾ van gekapte pepermentsjokolade by gesifte meelmengsel. Hou res eenkant vir versiersel.
- Roer meelmengsel by sjokolademengsel.
- Voer oondbak van 24 cm x 20 cm met bakpapier uit en spuit met kossproei.
- Skep beslag in bak. Bak vir 30 minute of tot gaar. Onthou, bruintjies moet nooit droog bak nie.
- Laat bruintjies in bak afkoel.
- Versiersel Smelt water, botter en strooisuiker in kastrol oor matige hitte en roer gereeld tot suiker opgelos is.
- Sif versiersuiker en kakao saam en roer by gesmelte mengsel in.
- Skep oor bruintjies en sprinkel res van pepermentsjokolade bo-oor.
- Laat staan tot versiersel gestol het.
- Sny in blokke van ongeveer 4,5 cm x 4,5 cm.
- Haal bruintjies uit bak met behulp van bakpapier en berg in lugdigte houer.