Dis altyd lekker om ’n ete met poeding af te sluit. Hier is ’n heerlike gebakte een!
• 6 porsies
KOFFIESOUS
375 ml (1 ½ k) kookwater
10 ml (2 t) koffiepoeier
125 ml (½ k) ligte bruinsuiker
125 ml (½ k) room
DEEG
250 ml (1 k) bruismeel
knypie sout
125 ml (½ k) ligte bruinsuiker
60 ml (4 e) pekanneute, gekap
1 ekstragroot eier
75 ml (5 e) olie
125 ml (½ k) volroommelk
5 ml (1 t) vanielje
AFRONDING
250 ml (1 k) room
15 ml (1 e) versiersuiker
2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
METODE
• Stel oond op 180 °C.
1 Koffiesous Roer kookwater, koffie en bruinsuiker saam tot suiker opgelos is. Roer room daarby in.
2 Giet koffiesous in oondbak van 20 cm x 20 cm wat met kossproei gespuit is.
3 Deeg Sif bruismeel en sout saam in mengbak. Roer bruinsuiker en neute daarby.
4 Klits eier en voeg olie, melk en vanielje by. Roer deur.
5 Giet melkmengsel by meelmengsel en roer tot deeg vorm.
6 Skep deeg in koffiesous en bak vir 35 minute of tot toetspen skoon uitkom.
7 Afronding Klits room saam met versiersuiker en vanieljegeursel met elektriese klitser styf.
8 Sit gebakte poeding saam met room voor.