Bestanddele
KOEK
187 g botter
187 ml (¾ k) strooisuiker
4 eiers
90 ml (6 e) melk
45 ml (3 e) aangemaakte koffie
375 ml (1½ k) koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
50 g (½ pakkie) pekanneute, grof gekap
VERSIERSEL
125 g (¼ pak) botter
15 ml (1 e) kakao
750 ml (3 k) versiersuiker
15 ml (1 e) aangemaakte koffie
Heel pekanneute vir versiering
Metode
Stel oond op 180 °C.
1. Koek: Room botter en suiker tot liggeel. Voeg eiers by en klits goed.
2. Roer melk en koffie saam. Roer by bottermengsel.
3. Sif meel en bakpoeier en roer by bottermengsel.
4. Roer neute by.
5. Skep deeg in gesmeerde koekpan en bak vir 40 min. of tot toetspen skoon uitkom. 6. Versiersel: Room botter tot liggeel.
7. Sif kakao en versiersuiker. Roer bietjies op ’n slag by bottermengsel en hou aan klits met elektriese klitser tot romerig. Voeg aangemaakte koffie by wanneer versiersel begin styf raak en klits tot gemeng.
8. Smeer oor koek en versier met pekanneute.