Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS Foto ELMARIE KNAPTON
Peerlekkerte
4 porsies
6 gedroogde pere, fyngekap
60 ml (4 e) brandewyn
15 ml (1 e) water
30 ml (2 e) suiker
410 g (1 blik) peerhelftes
150 g (1. plak) bruinsjokolade
30 ml (2 e) pistasieneute, grofgekap
1 l roomys
1 Sit pere, brandewyn, water en suiker in glasbak. Verhit in mikrogolf vir 90 sekondes op hoog. Laat afkoel.
2 Dreineer pere, maar behou stroop. Sny pere in dunner skyfies.
3 Verhit 60 ml stroop van pere op stoof en breek sjokolade daarin. Roer gereeld tot sjokolade opgelos is.
4 Verwyder sjokoladestroop van stoofplaat en laat bietjie afkoel.
5 Skep roomys in bakkies. Skep peerskywe, sjokoladesous en peerstukkies op en sprinkel pistasieneute oor.