Vergeet van duur restaurant kos, jy kan selfs lekkerder by die huis eet aan hierdie ryk winterkos
• 6 tot 8 porsies
Bestanddele
820 g (1 groot blik) pere, gedreineer
250 ml (1 k) bevrore bloubessies
250 ml (1 k) bevrore frambose
125 ml (½ k) ligte bruinsuiker
5 ml (1 t) fyn kaneel
1 klein pakkie karamelblokkies, grof gekap
Hawermout-en-klapper-kors
187 ml (¾ k) hawermout
187 ml (¾ k) klapper
187 ml (¾ k) volkoringmeel
60 ml (4 e) ligte bruinsuiker
2,5 ml (½ t) fyn kaneel
100 g (1/5 blok) botter
30 ml (2 e) melk
• Stel oond op 180 °C.
1 Plaas pere, bloubessies en frambose in oondbak van ongeveer 18 cm x 28 cm wat met kossproei gespuit is.
2 Meng bruinsuiker en kaneel en sprinkel oor vrugte.
3 Sprinkel karamelblokkies oor.
4 Hawermout-en-klapper-kors Meng bestanddele vir kors behalwe botter en melk in groot mengbak.
5 Vryf botter by bestanddele in. Roer melk by tot goed gemeng.
6 Skep bo-oor vrugte en bak vir 20 minute of tot goudbruin bo-op.
7 Sit warm saam met vla voor.