Bak ’n pavlova om die lente te vier en bedien dit saam met sjampanje
1 pavlovalaag
Bestanddele
3 groot eierwitte
1 knypie kremetart
1 knypie sout
5 ml (1 t) water
5 ml (1 t) vanieljegeursel
250 ml (1 k) strooisuiker
15 ml (1 e) mielieblom
VERSIERING
500 ml (2 k) room
60 ml (¼ k) versiersuiker
5 ml (1 t) vanieljegeursel
vars vrugte
Metode
Verhit oond tot 120 °C.
- Klits eierwitte, kremetart, sout en water styf tot sagtepuntstadium.
- Voeg vanielje by en klits goed.
- Voeg strooisuiker stadig by en klits tot stywepuntstadium.
- Voer ’n bakplaat met botterpapier uit en sif mielieblom bo-op. 5 Skep eierwit op plaat en smeer in ’n 25 cm-sirkel. Maak beslag nog twee keer aan vir volgende lae.
- Bak vir een uur.
- Haal uit oond en laat op draadrak afkoel.
- Versiering Klits room, versiersuiker en vanielje styf en skep op elke laag.
- Pak vars vrugte bo-op en sif versiersuiker bo-oor.