Sop maak mens sommer van binne af lekker warm. Probeer hierdie patat-wortel-en-gemmer-sop
4 porsies
BESTANDDELE
1 ui, gekap
5 ml (1 t) knoffel
10 ml (2 t) fyn gemmer
600 g patats, geskil en gekap
3 wortels, geskil en gekap
1 ℓ (4 k) hoenderaftreksel
500 ml (2 k) room
200 g (1 pakkie) stukkies spek
METODE
1 Braai ui, knoffel en gemmer in bietjie olie tot sag.
2 Gooi patats, wortels en aftreksel by.
3 Laat kook tot groente heeltemal sag is.
4 Gooi room by en maak fyn met staafmenger.
5 Braai spek tot bros en sit saam met warm sop voor.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.