4 Porsies
Bestanddele
4 patats
bietjie olyfolie
sout en peper na smaak
2 fetakaassirkels, in blokkies gesny
½ pynappel, geskil en in wiggies gesny
grasuie, gekap
125 ml (½ k) okkerneute, grofgekap
handvol vars granaatpitte
1 pakkie roketblare
vars koljanderblare (opsioneel)
klapperskaafsels (opsioneel)
bietjie olyfolie
sout en peper na smaak
2 fetakaassirkels, in blokkies gesny
½ pynappel, geskil en in wiggies gesny
grasuie, gekap
125 ml (½ k) okkerneute, grofgekap
handvol vars granaatpitte
1 pakkie roketblare
vars koljanderblare (opsioneel)
klapperskaafsels (opsioneel)
Slaaisous
60 ml (4 e) olyfolie
30 ml (2 e) heuning
15 ml (1 e) suurlemoensap
knypie droë gemengde kruie
30 ml (2 e) heuning
15 ml (1 e) suurlemoensap
knypie droë gemengde kruie
Metode
1 Kook patats met skil en al in borrelende kookwater waarby bietjie sout gevoeg is tot jy dit kan deursteek.
2 Dreineer patats en laat afkoel. Trek skille af en sny in skywe.
3 Verhit bietjie olie en braai patatskywe tot bruin.
4 Skep uit op kombuispapier om ekstra olie te absorbeer.
5 Sprinkel sout en peper oor.
6 Sit roketblare op opdienbord en rangskik patatskywe, fetakaas, pynappel, grasuie, okkerneute en granaatpitte daarop. Sprinkel koljanderblare en klapperskaafsels oor (opsioneel).
7 Slaaisous Meng bestanddele saam. Giet oor slaai en sit dadelik voor.