• 4 porsies
Bestanddele
400 g (1 rol) skilferkorsdeeg
bietjie melk
bietjie olie
3 uie, gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
45 ml (3 e) ligte bruinsuiker
375 g (1 pakkie) Russiese worsies, in skywe gesny
Metode
Stel oond op 200 °C.
1 Rol skilferkorsdeeg oop. Sny reghoek van 33 cm x 17 cm. Sny vier 2,5 cm breë stroke uit oorblywende deeg.
2 Verf kante van skilferkorsdeegreghoek met water en plaas deegstroke bo-op.
3 Verf bokante van stroke deeg met bietjie melk en bêre in yskas.
4 Verhit bietjie olie en soteer uie en knoffel tot sag. Laat uie nog 15 minute oor lae hitte karamelliseer. Roer af en toe.
5 Voeg suiker by en laat nog vyf minute karamelliseer.
6 Skep helfte van uie in skilferkors.
7 Pak gesnyde Russiese worsies bo-op en skep ander helfte van gekaramelliseerde uie bo-oor.
8 Bak vir 25 tot 30 minute tot skilferkorsdeeg goudkleur het.