6 porsies
Bestanddele
SLAAI
bietjie olie
1 ui, fyn gekap
knypie droë gemengde kruie
250 g (1 pakkie) spek, fyn gekap
3 selderystingels, fyn gekap
1 groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
sout en peper na smaak
500 g (1 pak) gaar skroefiepasta
SLAAISOUS
15 ml (1 e) appelasyn
187 ml (¾ k) mayonnaise
45 ml (3 e) soetrissiesous
Metode
1. Slaai: Verhit olie en soteer, ui en kruie tot sag.
2. Voeg spek en seldery by en soteer tot gaar.
3. Voeg soetrissie, sout en peper by en soteer nog 2 min. Verwyder van hitte en meng by gaar pasta.
4.Slaaisous: Meng bestanddele vir sous en roer by slaai.