Het jy al ooit probeer om pastarolle te maak? Hier is ’n resep
4 porsies
8 lasagnevelle
olie
1 ui, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngekap
5 ml (1 t) Italiaanse speserye
2 groot murgpampoentjies, gerasper
5 00 ml (2 k) gaar hoender, gepluis
250 ml (1 k) room
1 eiergeel
1 87 ml (3/4 k) parmesaan, gerasper
Halwe houer (200 g) tamatiepastasous
MAAK OOK: Hoenderpastapot
Verhit oond tot 180 ˚C
- Kook lasagnevelle in borrelende soutwater tot net gaar. Pasta moenie oorgaar wees nie. Dreineer en hou eenkant.
- Verhit olie en soteer ui en knoffel saam. Voeg geurmiddels by.
- Braai murgpampoentjies en voeg gaar hoender by. Soteer tot daar geen water in pan is nie.
- Voeg room by en bring tot kookpunt. Prut vir vyf minute of tot room begin verdik.
- Laat mengsel effe afkoel en roer eiergeel en helfte van kaas deur.
- Skep eetlepel van hoendermengsel op ’n lasagnevel en rol op. Plaas in oondbak.
- Giet pastasous en ekstra parmesaan oor en bak vir 20 minute.