Sampioene is veelsydig en proe heerlik in menige gereg. Loer in ons 12 Septemer-uitgawe na ‘n paar heerlike resepte. En probeer ‘n bietjie hierdie een!
Vir 4 porsies
Bestanddele
375 g (¾ pak) pasta
bietjie olie
2 uie, gekap
5 ml (1 t) droë gemengde kruie
250 g (1 pakkie) sampioene, in skyfies gesny
4 gerookte hoenderborsies, in skyfies gesny
1 kop broccoli, in klein blommetjies, gestoom
sout en peper na smaak
375 ml (1½ k) Griekse jogurt
Metode
1 Verhit genoeg water tot kookpunt. Voeg 10 ml (2 t) olie en 5 ml (1 t) sout by en kook pasta tot al dente. Dreineer.
2 Spoel pasta af en roer ekstra olie deur. Hou eenkant.
3 Verhit olie en soteer uie en kruie tot uie sag is. Voeg sampioene by en soteer tot gaar.
4 Gooi hoenderskyfies by en soteer vir twee minute.
5 Gooi broccoliblommetjies by en roer by hoenderskyfies in braaipan.
6 Geur met sout en peper
7 Roer jogurt deur hoender en voeg pasta by.
8 Skep op in bakkies.