Meestersjef Michael Holenstein van De Hoek Country Hotel in Magaliesburg se resep vir Pasta Carbonara met tuisgemaakte pasta
Bestanddele vir die pasta
200 g koekmeel
2 vars eiers
½ teelepel olyfolie
Knippie sout
2 vars eiers
½ teelepel olyfolie
Knippie sout
Carbonarasous
200 g spek of Pancetta
50 g fyngekapte uie
2 teelepels fyngekapte pietersielie
500 ml vars room
1 klein gedroogte brandrissie (opsioneel)
1 knoffelhuisie
Sout en peper na smaak
Botter om die spek of Pancetta in te braai
Gerasperde parmesaan, nie poeier

Metode
Pasta
1 Sif die meel in ’n mengbak, breek die eiers in, voeg sout en olyfolie by. Op jou menger se “pulse”-aksie, meng die bestanddele tot goed gemeng. Verwyder uit die bak en knie tot ’n kleinerige bal. Draai in kleefplastiek toe en laat rus vir ongeveer 30 minute sodat die gluten van die meel vrygestel kan word.
2 Rol deur ’n pastamasjien en sny tot die verlangde dikte, of rol uit met ’n koekroller, besprinkel met meel en sny dan in 3 mm-repies. Blansjeer in kokende erg gesoute water. Dompel in koue water en dreineer. Sit eenkant vir later gebruik.
3 Verhit die pasta in ’n sif in kokende water vir ’n paar sekondes, skep in verhitte borde en gooi die sous oor, met varsgerasperde parmesaan, varsgemaalde swartpeper en brandrissie teen die kant, vir dié wat dit wil waag.

1 Verhit die botter in ’n pan en voeg die ui by. Laat braai tot deurskynend, voeg dan die spek of Pancetta by en soteer. Voeg die knoffel en brandrissie by, gooi die room by. Laat kook en dan prut vir 5-10 minute, terwyl jy gereeld roer.
2 Sit eenkant en hou warm tot jy gereed is vir opdiening. Bedien met ’n rou eier bo-op, wat in die stomende warm pasta ingeroer word, voor jy ruim met Parmesaan bestrooi. Dis ryk en heerlik.
2 Sit eenkant en hou warm tot jy gereed is vir opdiening. Bedien met ’n rou eier bo-op, wat in die stomende warm pasta ingeroer word, voor jy ruim met Parmesaan bestrooi. Dis ryk en heerlik.