Varsgebakte muffins is altyd heerlik Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS, Foto ANDREA CALDWELL
12 muffins
500 ml (2 k) koekmeel
15 ml (1 e) bakpoeier
5 ml (1 t) sout
75 ml (5 e) fyn parmesaankaas
6 grasuie, gekap
15 ml (1 e) vars pietersielie, gekap
knypie rooipeper
2 ekstragroot eiers
60 ml (4 e) olie
200 ml (¾ k + 1 e) volroommelk
Stel oond op 180 °C.
1 Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam.
2 Roer parmesaankaas, grasuie, pietersielie en rooipeper by koekmeelmengsel tot goed gemeng.
3 Klits eiers, olie en volroommelk. Roer by meelmengsel.
4 Roer bestanddele tot gemeng, maar moenie te veel roer nie, want dit veroorsaak groot rysgate.
5 Voer muffinpan met muffinpapiertjies uit.
6 Skep ¾ vol beslag.
7 Bak vir 20 minute of tot ligbruin bo-op.
8 Laat effens afkoel en sit saam met botter voor.