4 porsies
Bestanddele
PARMESAANHOENDER
250 ml (1 k) koekmeel
2,5 ml (½ t) sout
knypie swartpeper
2 ekstragroot eiers
250 ml (1 k) vars broodkrummels
125 ml (½ k) parmesaankaaspoeier
4 hoenderborsies, ontvel en ontbeen
KOOLKAPOKAARTAPPELS
4 groot aartappels, geskil en in blokke gesny
2,5 ml (½ t) sout
klont botter
1 ui, fyngekap
1 ml knoffelsout
knypie droë pietersielie
½ kool, fyngekerf
60 ml (4 e) volroommelk
knypie rooipeper
Metode
1 Parmesaanhoender Plaas koekmeel, sout en peper in vlak bakkie.
2 Klits eiers saam tot goed gemeng en plaas in vlak bakkie.
3 Meng broodkrummels en parmesaankaas bymekaar en plaas in vlak bakkie.
4 Doop hoenderborsies in meelmengsel, dan in geklitste eiers en laastens in broodkrummelmengsel tot heeltemal bedek.
5 Hou in yskas tot benodig.
6 Verhit genoeg olie en braai hoender aan albei kante vir ongeveer sewe minute oor mediumhitte.
7 Koolkapokaartappels Kook aartappels in kookwater tot net sag. Dreineer.
8 Smelt botter in kastrol en braai ui, knoffel en pietersielie tot ui sag is.
9 Voeg kool by en soteer tot kool sag is.
10 Voeg gekookte aartappels by kool in kastrol, asook melk en rooipeper.
11 Druk aartappels en kool redelik fyn met aartappeldrukker.
12 Sit parmesaankaashoender en koolkapokaartappels warm voor.