Parmesaan-murgpampoentjiestokkies is heerlik as ’n happie of bykos
6–8 porsies
Bestanddele
20 murgpampoentjies
1 00 g (1 pakkie) kaasgegeurde beskuitjies
1 25 ml (½ pakkie) parmesaankaas, fyngerasper
2,5 ml (½ t) knoffelsout
1 eier, geklits
Metode
Stel oond op 200 ˚C.
- Sny murgpampoentjies lengtegewys in kwarte.
- Druk beskuitjies baie fyn en meng met parmesaan en knoffelsout.
- Rol murgpampoentjiestokkies in eier en dan in beskuitjiemengsel. Plaas op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is.
- Bak vir 20 minute of tot goudbruin. Draai halfpad deur baktyd om.