Het jy al ooit panna cotta gemaak? Dis eintlik baie maklik!
Bestanddele
6 porsies
AARBEILAAG
80 g (1 pakkie) aarbeijellie
250 ml (1 k) kookwater
2 50 g (1 pakkie) vars aarbeie, gewas en gepuree
PANNA COTTA
500 ml (2 k) volroommelk
250 ml (1 k) dikroom
60 ml (4 e) suiker
5 ml (1 t) vanieljegeursel
15 ml (1 e) gelatien
45 ml (3 e) water
KOEKIELAAG
200 g (1 pakkie) Oreo-koekies
60 ml (4 e) gesmelte botter
Metode
- Aarbeilaag Maak aarbeijellie met kookwater aan en roer tot goed gemeng. Voeg aarbeipuree by en laat effens afkoel.
- Verdeel aarbeimengsel tussen agt klein bakkies. Plaas in yskas om te stol.
- Panna Cotta Verhit melk, room en suiker saam tot suiker opgelos is. Roer gereeld.
- Verwyder van hitte en roer vanieljegeursel by.
- Sprinkel gelatien oor water tot gespons. Roer gesponste gelatien by melkmengsel. Roer tot gelatien opgelos is.
- Laat melkmengsel heeltemal afkoel en verdeel tussen bakkies. Moenie tot bo volmaak nie. Plaas weer in yskas tot amper gestol, ongeveer 30 minute.
- Koekielaag Kap koekies in voedselverwerker fyn. Roer gesmelte botter by. Verdeel koekielaag tussen bakkies.
- Plaas oornag in yskas.
- Dompel bakkies in kookwater vir 5 sekondes sodat panna cotta’s kan loskom en keer op opdienbord uit.