Wanneer jy hierdie feesseisoen gaste wil bederf, bedien Drostdy-Hof se lekkerdrink-merlot met AAA-gegradeerde kruisskyf onder’n romerige sous van wilde sampioene. Sit dit voor met oondgeroosterde aartappels en met vars groente van hierdie tyd van die jaar. Die wyn is boordens toe vol geure van aarbei, kersie en spesery, is mediumvol en baie toeganklik – ’n puik pasmaat vir hierdie kruisskyfgereg.
Drostdy-Hof se Winemaker’s Collection Merlot 2013 is landwyd in sowel ’n 750ml-bottel as in ’n 3 liter-tapvat by die meeste drankwinkels beskikbaar.
Resep: Pangebraaide kruisskyf met ’n sous van wilde sampioene, bedien met Drostdy-Hof Merlot
Bestanddele
600 g AAA-gegradeerde kruisskyf
45 ml olyfolie
Sout and gemaalde swart peper
80 ml Drostdy-Hof Merlot
45 g botter
1 knoffelhuisie, gekap
125 g gedroogde porcini-sampioene
250 g bruin knopiesampioene, in kwarte gesny
5 ml sojasous
125 ml room
Metode
1. Voorverhit die oond tot 200°C.
2. Week die porcini-sampioene in 125 ml warm water vir 10 minute.
3. Vryf die kruisskyf met die olyfolie. Verhit ’n riffelpan en skroei die kruisskyf aan alle kante. Sout en peper na smaak. Verwyder van die pan en plaas op ’n bakpan.
4. Ontglans ’n braaipan met Drostdy-Hof Merlot en hou die vog.
5. Smelt die botter in die pan en braai die knopiesampioene tot goudkleurig. Giet die porcini-sampioene af, maar hou die vloeistof. Voeg die porcini-sampioene by die inhoud van die braaipan en braai liggies.
6. Giet die sojasous, panvog en vloeistof waarin die porcini-sampioene geweek is, saam in die pan. Laat die sous toe om ’n paar minute te prut.
7. Plaas die biefstuk in die oond vir 5 tot 8 minute, afhangend van hoe gaar jy dit wil hê.
8. Voeg die room by die sampioensous en voeg sout en peper by na smaak by. Haal die kruisskyf uit die oond en bedien met die sampioensous, geroosterde aartappels en groente.
Bedien 4.