Dit is deesdae hoogmode om jou hele maaltyd in ’n bakkie te bedien. Probeer dié maklike Panang-pastabakkie!
4 porsies
Bestanddele
bietjie olie 1 ui, in ringetjies gesny 5 ml (1 t) fyn knoffel 5 ml (1 t) fyn gemmer 45 ml (3 e) rooi kerriepasta 15 ml (1 e) grondboontjiebotter 4 hoenderborsies, in repies gesny 10 ml (2 t) vissous 400 ml (1 blikkie) klappermelk 3 00 g (1 pakkie) langsteelbroccoli 1 geel soetrissie, in dun repies gesny 1 rooi soetrissie, in dun repies gesny 3 50 g (1 pak) plat eiernoedels handvol gekapte koljanderblare ½ rooikool, fyngekerf
Metode
- Verhit bietjie olie en braai ui tot sag.
- Roer knoffel, gemmer, kerriepasta en grondboontjiebotter by.
- Gooi hoender, vissous en klappermelk by. Kook vir 15 minute of tot hoender gaar is. Geur met sout en peper.
- Gooi broccoli en soetrissies by en kook tot gaar.
- Kook noedels in borrelende water tot gaar, dreineer en skep in bakkies.
- Skep hoenderkerriemengsel bo-op en garneer met gekapte koljanderblare en rooikool.