’n Pampoentert bly nou maar net ’n treffer! Probeer dié lekker resep
4 porsies
Bestanddele
800 g (1 pakkie) gekapte botterskorsie
80 ml (1/3 k) koekmeel
2,5 ml (½ t) fyn kaneel
knypie neutmuskaat
5 ml (1 t) bakpoeier
2,5 ml (½ t) sout
160 ml (2/3 k) bruinsuiker
60 ml (¼ k) olyfolie
250 ml (1 k) room
3 eiers
Maak ook beet-en-botterskorsie-tertjies
Metode
Stel oond op 180 ˚C.
- Sny 1 cm van sakkie oop en maak botterskorsie in mikrogolf gaar volgens pakkie se instruksies.
- Sif droe bestanddele saam. Roer suiker by.
- Klits nat bestanddele saam.
- Druk gaar pampoen met aartappeldrukker fyn.
- Meng pampoen en nat bestanddele en voeg by droe bestanddele. Roer tot net gemeng.
- Gooi in gesmeerde tertpan en bak vir 30 minute of tot toetspen skoon uitkom.