Pampoenkoekies is heerlik op ’n Sondagmiddag in die winter
6 porsies
LEES OOK: Murgpampoentjie-en-okkerneut-muffins
Bestanddele
KOEKIES
500 ml (2 k) gaar botterskorsie
250 ml (1 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
1 eier, geklits
1 ml sout
750 ml (1 bottel) olie
SOUS
250 ml (1 k) water
187 ml (¾ k) ligte bruinsuiker
30 ml (2 e) botter
15 ml (1 e) vlapoeier
30 ml (2 e) volroommelk
knypie sout
LEES OOK: Malvapoeding
Metode
- Koekies Roer bestanddele vir koekies, behalwe olie, saam.
- Verhit olie in klein, diep kastrol en bak teelepels vol beslag in warm olie.
- Dreineer op kombuispapier en skep in oondbak.
- Sous Kook water, suiker en botter saam tot suiker opgelos is. Roer gereeld.
- Meng vlapoeier en melk saam tot pasta en roer by. Kook tot sous begin dik word.
- Haal van stoofplaat af en roer sout by.
- Sit sous saam met poffertjies voor.