Maak ’n heerlike pampoenkoekies vir Sondagmiddagete. Dis iets waarmee groot en klein kan help.
Bestanddele
500 ml (2 k) pampoen, fyn gemaak
(boerpampoen)
250 ml (1 k) koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
knypie sout
2 eiers
genoeg olie vir vlakvetbraai
125 ml (½ k) kaneelsuiker
Metode
- Meng pampoen, koekmeel, bakpoeier en sout.
- Klits eiers en meng by pampoenmengsel. Dis ’n redelike slap deeg.
- Verhit genoeg olie in braaipan en braai lepels vol beslag aan albei kante tot goudbruin.
- Plaas op kombuispapier om ekstra olie te absorbeer.
- Sit warm saam met kaneelsuiker voor.