Maak lekker kuierkos waaraan gaste kan knibbel. ’n Sadeplatbrood sal ver strek
Foto’s ANDREA CALDWELL
Sadeplatbrood met chorizo-konfyt
4 porsies
Bestanddele
PLATBROOD
250 ml (1 k) meel
5 ml (1 t)
sout 80 ml (1/3 k) water
15 ml (1 e) olie
2,5 ml (½ t) fyn komyn
bietjie olie
25 g (¼ pakkie) sesamsaad
25 g (¼ pakkie) pampoensaad
25 g (¼ pakkie) lynsaad
growwe sout en peper
CHORIZO-KONFYT
1 rooiui, in halfmaanringetjies gesny
5 ml (1 t) fyn knoffel
100 g chorizo, fyngekap
5 ml (1 t) fyn komyn
5 ml (1 t) fyn koljander
knypie rooirissievlokkies
knypie paprika
1 tiemietakkie
30 ml (2 e) rysasyn
15 ml (1 e) bruinsuiker
125 ml (½ k) water
Metode
Stel oond op 180 ˚C.
1 Platbrood Meng meel, sout, water, olie en komyn saam. Knie tot sag en elasties. Rol uit sodat jy dun stuk het.
2 Sit op bakplaat en smeer met bietjie olie.
3 Sprinkel sade, sout en peper oor.
4 Bak vir 15 minute of tot krakerig.
5 Laat goed afkoel en sny in stukke.
6 Konfyt Braai uie in bietjie botter tot sag.
7 Roer knoffel en chorizo by.
8 Voeg speserye by en braai tot geure loskom.
9 Voeg asyn, suiker en water by en laat kook tot dik.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.