Die kinders is altyd baie opgewonde as die Paashaas kom. Maak hierdie Paasfees spesiaal met kolwyntjies vir die kinders
18 kolwyntjies
Bestanddele
125 ml (½ k) melk
30 ml (2 e) botter
250 ml (1 k) koekmeel
30 ml (2 e) mielieblom
10 ml (2 t) bakpoeier
160 ml ( 2/3 k) suiker
3 groot eiers
10 ml (2 t) vanieljegeursel
2,5 ml (½ t) kremetart
VERSIERSEL
250 g sagte botter
2 000 ml (8 k) versiersuiker
125 ml (½ k) melk
10 ml (2 t) vanielje
Metode
Verhit oond tot 180 °C en voer kolwyntjiepan met papiertjies uit.
- Verhit melk, smelt botter by en laat afkoel.
- Sif koekmeel, mielieblom en bakpoeier en voeg suiker by.
- Skei eiers en meng eiergele en vanielje by afgekoelde melk.
- Gooi melkmengsel by meel en meng tot glad.
- Klits eierwitte en kremetart styf en vou by deeg in.
- Skep in kolwyntjiepapiertjies en bak vir 20 minute tot goudbruin en gaar.
- Versiersel Sif versiersuiker.
- Plaas botter, vier koppies van versier suiker, melk en vanielje in mengbak en klits vir vyf minute.
- Gooi ’n koppie op ’n slag versiersuiker by en klits een minuut ná elke koppie.
- Versier kolwyntjies met lekkers.
Wenk
Die geheim van lekker versiersel is om dit lank te klits