Laat jou kinders jou help om hierdie prettige koekies vir Paasfees te maak en hang dit aan ’n boompie op vir almal om te geniet
Gemmerkoekiepaaseiers
ongeveer 90 klein paaseierkoekies
BESTANDDELE
125 g (¼ blok) botter
125 ml (½ k) strooisuiker
1 eier
125 ml (½ k) gouestroop
5 ml (1 t) vanielje
625 ml (2½ k) koekmeel
1 ml fyn gemmer
2,5 ml (½ t) fyn kaneel
5 ml (1 t) koeksoda
2,5 ml (½ t) bakpoeier
knypie sout
VERSIERSEL
250 ml (1 k) versiersuiker, gesif
bietjie eierwit
klompie klein Smarties of enige ander lekkers
ongeveer 10 m dun lint
METODE
Stel oond op 180°C.
1 Room botter en suiker tot liggeel.
2 Klits eier, gouestroop en vanielje by.
3 Sif koekmeel, gemmer, kaneel, koeksoda, bakpoeier en sout. Meng by bottermengsel tot sagte deeg vorm.
4 Sprinkel meel op werkoppervlak en knie deeg. Voeg bietjie meel by indien nodig.
5 Plaas deeg in plastieksakkie en verkoel in yskas vir ongeveer 45 min.
6 Rol op meelbestrooide oppervlak tot 3 mm dik uit.
7 Druk deeg met ovaal koekiedrukker uit en plaas op bak plaat wat met bakpapier gevoer is. Druk met strooitjie gaatjie aan bokant van koekies uit.
8 Bak koekies vir 8-10 min. of tot goudbruin bo-op.
9 Laat goed afkoel.
10 Versiersel Meng versiersuiker en eierwit goed, maar steeds dikkerig.
11 Smeer Smarties aan agterkant met versiersuiker en plak op koekies soos verkies.
12 Bind lintjies aan koekies vas sodat dit opgehang kan word.