Hier is ’n resep vir ’n heerlike Paasbolletjiebroodpoeding
6 porsies
Bestanddele
6 Paasbolletjies, horisontaal deurgesny
genoeg botter vir smeer
187 ml (¾ k) strooisuiker
5 ekstragroot eiers
250 ml (1 k) volroommelk
250 ml (1 k) room
2,5 ml (½ t) fyn kaneel
1 ml sout
5 ml (1 t) vanieljegeursel
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Smeer elke deurgesnyde paasbolletjies dik met botter.
- Sprinkel strooisuiker op gesmeerde onderkante.
- Sit onderkante in gesmeerde oondbak van ongeveer 16 cm x 24 cm.
- Klits eiers en melk en roer room, kaneel, sout en vanielje by.
- Giet melkmengsel stadig bo-oor paasbolletjies.
- Plaas oondvaste bak in oondpan. Vul oondpan half met water.
- Bak vir 40 minute of tot gestol in middel. Dit mag nodig wees om ná 25 minute nagereg met foelie toe te maak sodat dit nie te bruin bo-op raak nie.
- Sit warm saam met vla voor.