Maak die lekkerste groenboontjies wat perfek is vir ’n Sondagmiddgete
4 porsies
Bestanddele
bietjie olie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) knoffel
3 00 g (1 pakkie) vars groenbone, punte afgesny
1 groot aartappel, geskil en gekap
500 ml (2 k) groente-aftreksel
60 ml (¼ k) room
sout en peper
Maak ook sjokolade-en-grondboontjie-blokkies
Metode
- Braai ui en knoffel in bietjie olie tot sag.
- Kap groenboontjies volgens Franse snit (diagonaal) in kleiner stukkies.
- Roer aartappel en boontjies by uie.
- Roer aftreksel by en laat kook met deksel effe oop.
- Druk gaar aartappels en groenboontjies effe fyner met aartappeldrukker.
- Gooi room, sout en peper by en bedien warm.