2 terte
Bestanddele
SMEERKORS
100 g sagte botter
125 ml (½ k) strooisuiker
2 eiers
187 ml (¾ k) koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
knypie sout
VULSEL
500 ml (2 k) suiker
1 l melk
2,5 ml (½ t) sout
2 kaneelstokkies
8 eiers, geskei
187 ml (¾ k) bruismeel
60 ml (4 e) mielieblom
2,5 ml (½ t) vanielje
Metode
Stel oond op 180 °C.
1. Smeerkors: Room botter en suiker tot romerig.
2. Klits eiers een vir een by tot goed gemeng.
3. Sif meel, bakpoeier en sout. Roer by eiermengsel tot goed gemeng.
4. Smeer kors met paletmes in twee gesmeerde tertborde met 20 cm-deursnee of een diep tert¬bord met 27 cm-deursnee. Plaas in yskas terwyl vulsel gemaak word.
5. Vulsel: Verdeel suiker in drie dele, dit hoef nie presies te wees nie.
6. Verhit melk, kaneel en sout tot kookpunt terwyl geroer word.
7. Meng eiergele met een deel suiker.
8. Meng bruismeel en mielieblom en roer by een deel suiker.
9. Meng eiergeelmengsel en meelmengsel. Voeg 125 ml (½ k) van kokende melkin kastrol by en roer tot goed gemeng.
10. Giet eiermengsel terug by kokende melk in kastrol terwyl af en toe geroer word. Kook tot dik.
11. Klits eierwitte tot styf en voeg suiker bietjies op ’n slag by en klits tot styf. Roer eierwitte by dik gekookte vulsel.
12. Roer vanielje by.
13. Skep vulsel in tertkorse. Bak vir 25 min. of tot goud¬bruin. ’n Groot tert moet bietjie langer gebak word.