Warm somerdae kan maklik afgekoel word met heerlike koue gemmerbier
ongeveer 3 liter
50 g of 1 stuk vars duimgrootte
gemmer
3 l (12 k) water
750 ml (3 k) suiker
2,5 ml (. t) droe kitsgis
5 ml (1 t) wynsteensuur
5 ml (1 t) kremetart
90 ml (6 e) rosyntjies
- Spoel stukkie gemmer onder lopende water af. Sny in kleiner stukke en plaas saam met water en suiker in kastrol.
- Kook oor matige hitte vir een uur. Roer gereeld totdat suiker opgelos is.
- Verwyder van hitte en laat vir een uur afkoel.
- Roer kitsgis, wynsteensuur, kremetart en rosyntjies bymekaar. Meng van afgekoelde stroop by. Roer tot gemeng.
- Giet hierdie rosyntjiemengsel terug by stroop in kastrol. Roer goed deur.
- Sit deksel op en laat staan vir 24 uur. Die rosyntjies behoort dan bo-op te dryf.
- Skep rosyntjies en gemmerstukke uit.
- Gooi gemmerbier in bottels, maar nie tot bo nie. Laat ongeveer 6 cm ruimte aan bokant van bottel toe. Sit twee rosyntjies in elke bottel terug.
- Draai doppies op en hou in yskas tot benodig.