12 porsies
KORS
176 g (1 pakkie) Oreo’s
60 ml (4 e) botter, gesmelt
VULSEL
500 g (2 x 250 g-bakkies) roomkaas
250 g (1 bakkie) maaskaas
250 ml (1 k) suurroom
250 ml (1 k) strooisuiker
3 ekstragroot eiers
5 ml (1 t) vanieljegeursel
1 00 g (1 plak) bruinsjokolade, grofgekap
5 0 g (½ plak) witsjokolade, grofgekap
1 76 g (1 pakkie) Oreo-koekies, grofgekap
Stel oond op 160 °C.
1 Kors Kap koekies in voedselverwerker fyn en meng botter daarby.
2 Druk koekiekrummels met agterkant van lepel op bodem van losboomkoekpan van 22 cm in deursnee vas.
3 Vulsel Meng roomkaas, maaskaas, suurroom en strooisuiker in mengbak.
4 Klits eiers en roer saam met vanielje by roomkaasmengsel tot goed gemeng.
5 Roer sjokoladestukkies en helfte van gekapte Oreo-koekies by.
6 Skep roomkaasmengsel in tertkors.
7 Sprinkel oorblywende gekapte Oreo’s oor roomkaasvulsel.
8 Bak kaaskoek vir 50 minute. Die middel hoef nie heeltemal gestol te wees nie.
9 Laat staan kaaskoek in oond vir 20 minute met oonddeur ’n entjie oop.
10 Maak oonddeur heeltemal oop en laat staan kaaskoek in oond tot afgekoel.