Hierdie Oosterse soet-suur-hoender gaan jou mense beslis nie teleurstel nie!
4–6 porsies
Bestandele
8 hoenderboudjies
2 eiers, geklits
2 50 ml (1 k) growwe broodkrummels sout en peper
Sous
60 ml (4 e) sojasous
60 ml (4 e) heuning
2 knoffelhuisies, gekneus
30 ml (2 e) hoisinsous
15 ml (1 e) gemmer, fyngekap
15 ml (1 e) brandrissiesous
Probeer ook hierdie gegeurde thaise hoenderkerrie met spaghetti
Metode
Stel oond op 180 °C
- Rol hoender in eier en dan in broodkrummels, geur met sout en peper.
- Plaas op gesmeerde bakplaat enbak vir 20 minute.
- Draai hoenderhalfpad van baktyd om.
- Sous Kook res van bestanddele in kastrol vir twee minute.
- Gooi sous oor hoender en bedien dadelik.
Wenk
Hoisinsous kan by enige Chinese supermark of Woolworths gekoop word.