Bederf jou mense met hierdie lekker oop salmpastei
4 porsies
Bestanddele
1 ui, gebraai
5 ml (1 t) fyn knoffel
150 g jong spinasie
125 ml (½ k) room
sout en peper
knypie neutmuskaat
400 g skilferkorsdeeg
200 g salm-steaks
80 ml parmesaankaas, gerasper
Metode
Stel oond op 180 ˚C.
- Braai ui en knoffel in bietjie olie tot sag.
- Gooi spinasie by en sit deksel op sodat dit kan sag stoom.
- Gooi room, sout, peper en neutmuskaat by spinasie en laat kook vir een minuut.
- Rol deeg uit en sit op gesmeerde bakplaat. Skep spinasiemengsel bo-op deeg.
- Sny salm in 3 cm-blokke en pak bo-op spinasie.
- Bak vir 20–30 minute of tot deeg gaar is.
- Sit met kaas en wiggie suurlemoen voor.