4 Porsies
Bestanddele
375 ml (1½ k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
knypie sout
1 ekstragroot eiers
187 ml (¾ k) volroommelk
45 ml (3 e) water
30 ml (2 e) olie
knypie rooipeper
1 ui, gerasper
2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
60 ml (4 e) bevrore pitmielies
3 grasuie, gekap
250 g (1 bakkie) mascarponekaas
250 g (1 pakkie) streepspek, gebraai
2 avokado’s, geskil, ontpit en in repe gesny
swartpeper na smaak
Metode
- Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam.
- Klits eiers en voeg melk, water, olie en rooipeper by. Klits weer.
- Meng eiermengsel by meelmengsel tot deeg vorm.
- Roer ui, gemengde kruie, pitmielies en grasuie by.
- Skep groot teelepels vol van mengsel in braaipan wat met klein bietjie olie gesmeer is.
- Braai aan albei kante tot goudbruin.
- Skep in bak en hou warm in oond terwyl res gebak word.
- Sit ontbytplaatkoekies saam met mascarponekaas, spekrepe en gesnyde avokodorepe voor met swartpeper bo-oor gesprinkel.