Maak hierdie lekker oondgeroosterde groente as ’n bygereg!
(6–8 porsies)
Bestanddele
500 g botterskorsies, in blokkies gesny
2 rooi soetrissies, in repe gesny en saadjies verwyder
4 mielies, in vier stukke elk gesny
6 murgpampoentjies, in lang repe gesny
2 rooi uie, geskil en in stukke gesny
3–5 e Flora Regular
sout en peper na smaak
Flora-olie vir rooster
Metode
- Voorverhit oond tot 180 °C.
- Sit botterskorsie, soetrissie, mielies en uie op ‘n bakplaat.
- Sit klontjies Flora Regular bo-op en voeg sout en peper na smaak by.
- Plaas in die oond en laat vir 30 minute rooster.
- Rooster die murgpampoentjies intussen in ‘n riffelpan met ‘n bietjie Flora-olie tot dit die swart roostermerkies het.
- Skep al die groente op ‘n opdienbord en sit voor.