Kikker ontbytpap op en begin die dag reg
4 porsies
BESTANDDELE
200 g (1 pakkie) stukkies spek
2 tiemietakkies
1 ℓ (4 k) groente-afreksel
500 ml (2 k) melk
250 ml (1 k) polenta
125 ml (½ k) parmesaankaas, gerasper
4 eiers
METODE
1 Braai spek en tiemie tot bros. Dreineer op kombuispapier.
2 Laat aftreksel en melk kook, gooi polenta by en laat stadig prut tot gaar.
3 Roer parmesaankaas deur polenta.
4 Kook eiers tot sag. Haal doppe af.
5 Skep polenta in bakkies, sprinkel met spek, parmesaankaas en sit saam met eier voor.
6 Garneer met wilde roketblare.
WENKE Sit die eiers teen kamertemperatuur in borrelende kookwater. Sag: 5 minute Medium: 6 minute Hard: 8 minute
Kraak die dop dadelik nadat dit uit kookwater kom en spoel dit onder koue lopende water af.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.