Leah het onlangs op die KykNET-program, Kampkos, ontbyt in ’n pan by ATKV-Goudini Spa gemaak. Hier is die resep
Bestanddele
200 g haloumikaas
2 uie, gekap
50 –500 g boerewors, in stukke gesny
250 g spek, opgesny
1 pakkie sampioene, gesny
250 g kersietamaties
1 geel soetrissie
4 eiers
gemengde speserye
koljander
Maak ook Refentse se Stoute Vaaloewer-wors
Metode:
- Verhit die olie in die pan en sny die kaas in kleiner blokkies.
- As die olie warm genoeg is, braai die kaas tot goudbruin. Gooi die kaas sout aan albei kante en haal uit pan. (Die haloumi moenie te lank in die hitte wees nie, sodat dit nie smelt nie.)
- Braai uie, worsstukkies en spek. Roer terwyl dit braai.
- Gooi sout en peper na smaak by.
- Skuif uie, wors en spek na kante sodat daar ‘n opening in middel is.
- Braai sampioene, tamaties en geel soetrissie in die middel.
- Meng alles deurmekaar.
- Maak weer kleiner openings en breek die eiers in hierdie gedeeltes. Sout en peper na smaak.
- Voeg gebraaide haloumikaas by.
- Strooi gemengde speserye oor en garneer met koljanderblare.