Maak jou eie burgers by die huis met ’n ekstra stukkie kaas as verrassing
4 porsies
Bestanddele
480 g maalvleis
5 ml (1 t) fyn koljander
5 ml (1 t) fyn komyn
2,5 ml (½ t) paprika
5 ml (1 t) gemengde kruie
sout en peper
1 eier
125 ml (½ k) broodkrummels
4 blokkies kaas van 1,5 cm x 1,5 cm
volgraan-burgerbroodjie
60 ml (¼ k) mayonnaise
wilde roketblare
1 tamatie, gesny
½ rooi ui, in ringetjies gesny
Metode
1 Meng maalvleis en speserye.
2 Roer eier en broodkrummels saam en voeg by maalvleis.
3 Weeg 120 g per porsie uit en rol frikkadelle.
4 Druk kaasblokkie in middel van frikkadelle en druk effe platter.
5 Verhit olie in pan en braai frikkadelle tot bruin en gaar.
6 Sny rolletjie oop en smeer albei kante met mayonnaise. Pak blare, tamatie en rooi uie op onderste helfte.
7 Sit frikkadelle bo-op en gooi nog roketblare oor.
8 Sit warm voor.
WENK Maak maklike skyfies deur aartappels in wiggies te sny. Gooi bietjie olie, sout en peper oor en bak vir 40 minute of tot gaar en bros
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.