Met al die heerlike wintervrugte in seisoen, sal die ‘blosende’ pienk forelpere jou roep om ’n onderstebo karamelpeerkoek te bak!
1 x 25 cm-koek
Bestandele
Karamel
125 ml (½ k) botter
10 ml (2 t) suurlemoensap
250 ml (1 k) bruinsuiker
125 ml (½ k) room
2 tot 3 middelslag-pere
Beslag
125 ml (½ k) sagte botter
190 ml (¾) strooisuiker
5 ml vanieljegeursel
2 groot eiers
315 ml (1/4 k) koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
2,5 ml (½ t) sout
125 ml (½ k) melk
Bederf jouself ook met ‘n mokka-haselneut-kaaskoek
Metode
Verhit oond tot 200 °C.
- Karamel Smelt botter in pan en verbruin vir drie minute.
- Voeg suurlemoensap, bruinsuiker en room by en roer aanhoudend totdat suiker gesmelt het.
- Kook vir nog 10 minute tot goudbruin. Haal van plaat af en laat afkoel.
- Skil pere en sny in dun wiggies.
- Beslag Klits botter, strooisuiker en vanielje tot liggeel.
- Voeg eiers een vir een by en klits goed.
- Sif meel, bakpoeier en sout saam.
- Vou meelmengsel en melk beurtelings by bottermengsel in tot goed gemeng.
- Skep deeg in spuitsak.
- Skep karamel in koekpan van 25 cm in deursnee en maak gelyk.
- Pak peerwiggies in netjiese patroon op karamel en spuit deegmengsel in spiraalvorm bo-op.
- Maak effens gelyk met paletmes.
- Bak vir 35 minute of tot goudbruin en gaar.
- Laat afkoel en keer op koekbord uit.
- Bedien met styfgeklitste room.
Wenk
Maak die karamelsous in jou gietysterpan en bak dan sommer ook die koek daarin.
Sorg dat jou pan ’n hout- of staalhandvatsel het, anders sal dit smelt.